Adhoc 1/10 – Andre Duvenhage – Post Kantelpunt Politiek – Huidige Situasie in SA

Die Ad Hoc-Groep vir die Beskerming van Eiendomsreg is ʼn informele groepering van organisasies, georganiseerde landbou en landbou verteenwoordigers, burgerlike en burgerregte instellings, opposisiepartye en akademici sowel as geloofsinstellings. Die Ad Hoc-Groep vir die Beskerming van Eiendomsreg ontmoet op gereelde basis om enige beleidsraamwerke wat eiendomsreg mag skaad of ondermyn, te bespreek en dan onderlinge standpunte, aksies en inisiatiewe te oorweeg.

Hierdie vergadering het plaasgevind op 29 Julie 2021.

4 reacties

  1. Baie dankie Boermedia. Dis verblydend om te sien dat ons mense gedagtes en idees en bekommernisse openlik begin deel. Dis broodnodig en ons waardeer elkeen se bydraes intens.

    Ek geniet elke keer Prof Duvenhage se duidelike, intelligente en insiggewemde uiteensettings.

    Ek vermoed egter dinge gaan ontplof lank voor die ANC se konferensie.

  2. Baie dankie. Noodsaaklike inligting. Maar net weereens 'n aanduiding van die noodsaaklikheid van Selfbeskikking op verskillende vlakke binne SA konteks.

  3. Dit was n "grand" praatjie….vir my eintlik n lesing…die. Dit is verfrissend om na n intelekktuele en sinvolle gesprek te luister. Baie dankie aan die proff en aan Boeremedia. Op die stadium in my gemoed is daar vrees dat dit gaan ontplof. Ons praat ook nie nou van Boere/Afrikaner teen swart nie maar n situasie van verskeie groepe wat doen soos hulle dink – en daar sal nie polisie of weermag wees nie. n Zulu polisieman gaan verseker nie op n Zulu skiet nie. Mag ek verkeerd wees….God help ons almal en my gebed elke dag is vir die kinders van die Afrikaner nasie.

Laat een reactie achter

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *